I KNOW! - EK WEET!

Knowledge is fun - Kennis is pret

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

 

 

Wat is die EK WEET! vasvra?

Hoe kan ek EK WEET! by die huis gebruik?

Vir watter grade is EK WEET! bedoel?

Wat kry ’n skool vir een jaar se inskrywing?

Oor watter onderwerpe handel die vrae?

Hoe gereeld ontvang ons die EK WEET! vasvra?

Watter bronne word vir die vrae gebruik?

Gaan ons enige ander bronne of toerusting nodig hê om EK WEET! aan te bied?

Hoeveel voorbereiding is nodig om EK WEET! aan te bied?

Hoe bied ’n mens EK WEET! aan?

Wanneer kan EK WEET! aangebied word?

Gaan die leerders nie maar alles net weer vergeet nie?

Ons is ’n dubbelmediumskool. Hoe nou gemaak?

Hoe kan ons EK WEET! bestel en hoeveel kos dit?

Meer oor Dawid van Lill

 

Wat is die EK WEET! vasvra?

EK WEET! is ’n algemene kennis-, kurrikulum- en nuusvasvraprogram wat leerders bemagtig om meer ingeligte en interessante mense te word wat sinvol met ander kan kommunikeer. Dit kan hulle lewens verander!

EK WEET! bevat algemene kennisvrae, nuusvrae, kurrikulumvrae en woordeskatvrae. Ons verskaf ook allerhande interessante trivia-brokkies by die vrae. Daar is ook wenke oor hoe om 'n vasvra aan te bied.

EK WEET! se nuusvrae dek Suid-Afrika, Afrika, die wêreld, sport en vermaak.

Alle vrae is meervoudige keusevrae, en die antwoorde word aangedui sodat die onderwysers dit onmiddellik kan sien.

EK WEET! is nie ’n vasvrakompetisie vir net ’n paar leerders in die skool nie, maar ’n program wat ALLE leerders betrek. Daar word op ’n gestruktureerde manier probeer om leerders se algemene kennis en nuusneuse te verbeter.

 

Hoe kan ek EK WEET! by die huis gebruik?

Die EK WEET!-vasvra kan nou ook by die huis gebruik word. Klik op EK WEET! By Die Huis om die verskillende opsies te sien. Jy kan die vasvra gebruik as deel van 'n vasvra-aand saam met familie en/of vriende. Jy kan die vasvrablokraaie invul. Jy kan ook vasvrae op die webruimte speel. Klik hier om een te probeer.


Vir watter grade is EK WEET! bedoel?

EK WEET! is bedoel vir ALLE LEERDERS van alle grade, vanaf graad 1 tot 12. Daar is twee verskillende vasvraprogramme. Daar is 'n Vlak 1-program en 'n saamgestelde Vlak 2&3-program.

Vlak 1 is vir graad 1 tot 3 (of 4) met 36 vrae per program.

 

Vlak 2&3 bestaan uit ongeveer 80 vrae wat gerangskik word vanaf MAKLIK tot MEDIUM tot MOEILIK. Die vasvrae kan vanaf graad 4 of 5 tot 7, en deur Hoërskole gebruik word.

 

Wat kry ’n skool vir een jaar se inskrywing?

‘n Jaar se vasvraprogram bestaan uit…

  • 20 normale vasvrae

  • 7 hersieningsvasvrae

  • 4 Olimpiades

'n Normale Vlak 1-vasvra bestaan uit...

  • 10 algemene kennisvrae asook ‘n Wie, Wat of Waar is ek?-vraag

  • 5 woordeskatvrae (meestal oor snaakse stories wat met mense gebeur)

  • 20 algemene kennis- en woordeskatvrae of vrae oor ‘n onderwerp in die nuus of uit die kurrikulum

'n Normale Vlak 2&3-vasvra bestaan uit...

  • ‘n Wie, Wat of Waar is ek?-vraag

  • Algemene kennisvrae

  • Kurrikulumvrae

  • Vrae in die nuus oor Suid-Afrika, sport, vermaak, Afrika en die wêreld.

’n Hersieningsvasvra bestaan uit vrae van die vorige twee weke se vasvrae, en dit sluit ’n vasvrablokraai in.

’n Olimpiade is ’n hersiening van die afgelope kwartaal se vrae.

Die skool kan enige tyd van die jaar inskryf, vir ’n jaar.

Skole ontvang die vasvrae Donderdagoggende, volgens die skedule.

(Die publiek ontvang die vasvrae ook Donderdae, volgens die skedule.)

Die maandelikse of 3-weeklikse hersieningsvasvra oor die vasvrae van die afgelope 3 weke kan gebruik word om 'n Top Tien of Top Twintig van ’n klas vas te stel.

Die 4 Olimpiades aan die einde van die kwartaal kan gebruik word vir ‘n Uitdaaggeleentheid tussen die grade of verskillende klasse van ’n graad. Dit is ‘n hersiening van die afgelope kwartaal se vrae. Die Olimpiade aan die einde van die jaar is ‘n hersiening van die vrae van die hele jaar. Al die leerders kan die Olimpiade skryf of diegene wat die Top Tien gehaal het deur die loop van die jaar, kan deelneem aan ‘n vasvrageleentheid.

 

Oor watter onderwerpe handel die vrae?

EK WEET! bestaan uit algemene kennis- en kurrikulumvrae, en dit dek die nuus van die week. Dié nuus word as’t ware oopgesluit met behulp van algemene kennis en brokkies trivia.

Die persentasie vrae wat aan wêreldgebeure en -leiers, nasionale gebeure en leiers, sport, vermaak, aardrykskunde, geskiedenis, ens. afgestaan word, hang af van wat die afgelope week in die nuus was.

Leerders moet ná hulle weeklikse dosis EK WEET! kan sê: “Ek weet wat in die nuus en in die wêreld om my aangaan.”

 

Hoe gereeld ontvang ons EK WEET!

EK WEET! word opgestel volgens die skedule (8 keer per kwartaal, 7 keer in die laaste kwartaal). Skole wat ingeskryf het, kan dit Donderdagoggende van die webruimte aflaai of dit as 'n skakel per e-pos ontvang. Die vasvrae is in Microsoft Word-formaat. Die vasvrablokraaie is in 'n pdf-formaat. Die pdf-leser kan gratis afgelaai word by http://get.adobe.com/reader/. Daar is geen EK WEET!-vasvrae tydens skoolvakansies nie.

 

Watter bronne word vir die vrae gebruik?

Die vrae kom uit verskeie handboeke, Suid-Afrikaanse koerante (Afrikaans en Engels), radio- en televisienuus, en vanaf die internet, sowel as uit plaaslike tydskrifte en oorsese nuustydskrifte soos Time en Newsweek. Verder gebruik ons bronne soos Encarta, Britannica en ander bekende ensiklopedieë, en ’n hele biblioteek vol naslaanwerke. Al die antwoorde word saam met die vrae gegee.

 

Gaan ons enige ander bronne of toerusting nodig kry om EK WEET! aan te bied?

Onderwysers het geen toerusting nodig om EK WEET! aan te bied nie, behalwe miskien iets soos die swartbord waarop punte gehou kan word. As die leerders meer belangstel in iets wat bespreek word, sal hulle waarskynlik die mediasentrum gebruik. ‘n Wêreldkaart is ‘n noodsaaklikheid om leerders die verskillende plekke te kan wys.

 

Hoeveel voorbereiding is nodig om EK WEET! aan te bied?

Onderywsers hoef geen voorbereiding te doen vir EK WEET! nie! Die vrae word vanaf die webruimte of e-pos gedruk en net so in die klaskamer gebruik. Net die onderwysers hoef ’n afskrif te hê (saam met die antwoorde, natuurlik!) en onderwysers kan die lêers onder mekaar deel of vanaf die mediasentrum uitleen. Die skool hoef dus nie pakke papier af te rol vir elke leerder nie. Leerders word natuurlik aangemoedig om altyd hulle oë en ore oop te hou. Ons sal ook gedurig riglyne gee oor hoe om die vrae aan te bied, en wenke van onderwysers in ander skole sal op die webruimte beskikbaar gestel word.

 

Hoe bied 'n mens EK WEET! aan?

Onthou, EK WEET! is vir die hele klas bedoel, nie net vir diegene wat klaar weet nie...

Die onderwysers vra die vrae mondeling.

  • Die leerders kan in hul groepe of in rye of seuns teen meisies deelneem. Die groepe kry afwisselend kans om te antwoord. As hulle reg antwoord, kry hulle 2 punte. As die antwoord verkeerd is, kry die ander groep ‘n kans. As hulle reg is, kry hulle 1 punt. As hulle ook nie kan antwoord nie, kry die onderwyser die punt!

  • As die hele klas deelneem, word die antwoorde ook nie sommer net vir die leerders gegee nie.

  • Die onderwyser kan eers die wenk gee wat soms na ‘n vraag voorkom. Of gee die drie opsies van die meervoudige keusevrae, sodat die leerders die regte antwoord kan kies.

  • Die onderwyser kan ook “hangman” met die leerders speel. Trek ‘n strepie vir elke letter van die antwoord en laat die leerders letters raai totdat hulle die antwoord kan uitmaak. As die idee van hang nie aanvaarbaar is nie, teken die mannetjie sonder die galg!

  • Die onderwyser kan ook die antwoord op die bord neerskryf, maar met letters wat nie in hul regte volgorde staan nie, bv. emkib vir Mbeki. Die leerders moet die naam op die manier ontsluit.

 

Wanneer kan EK WEET! aangebied word?

Daar is sekere periodes wat gebruik kan word vir die aanbied van die vasvra. Party skole het reeds nuusperiodes, terwyl ander leesperiodes en mediaperiodes het waarvan dit ’n deel kan vorm.

Al die vrae hoef ook nie dadelik gebruik te word nie. Dit kan verdeel word in vrae vir verskillende dae, selfs by die registerperiode in die oggende.

Die vrae kan ook gebruik word as ’n “vullertjie” by enige vak.

Die aanbied van die vasvra is veral nuttig met die oog op luistervaardighede. Ervaar gerus hoe stip die leerders luister om iets te hoor wat vir hulle sal dui op die antwoord.

 

Gaan die leerders nie maar alles net weer vergeet nie?

Die leerders gaan elke 3de week kans kry om hul breinselle te beproef met ’n paar hersieningsvrae. Daarvoor kry hulle punte wat dan gehou word om ’n Top Tien of Top Twintig in die klas saam te stel. Die Top Tien kry dan by ’n kwartaallikse geleentheid kans om teen ander klasse en grade deel te neem aan ’n vasvrakompetisie, waarvoor die vrae en formaat aan die skole verskaf sal word. Die kompetisies hoef nie gehou te word nie, maar is ’n opsie vir skole wat dit aan die einde van die kwartaal in die saal aanbied. Leerders sal sekerlik nie alles onthou nie, maar deur die gereelde vra van vrae word daar ’n behoefte geskep om meer oplettend te wees. Dis ’n vaardigheid wat van onskatbare waarde is.

 

Ons is 'n dubbelmediumskool. Hoe nou gemaak?

Die vrae is beskikbaar in Afrikaans en Engels.

 

Hoe kan ons EK WEET! bestel en wat kos dit?

Kliek op SKRYF IN vir inligting oor wat die programme kos en hoe dit betaal kan word.

 

Meer oor Dawid van Lill

Dawid van Lill is ’n vasvra-spesialis wat al meer as 2 000 vasvraprogramme vir radio en televisie saamgestel en aangebied het. Hy was in 1986 die Flinkdink­-wenner, en het vier vasvra- en triviaboeke geskryf. Hy was ook betrokke by die opstel van vrae vir gewilde TV-programme soos Greed, Going for Gold, Blitsvinnig, Flinkdink, Weakest Link, Genius, Mega Minds, Whizz Quizz en 100%. Hy stel ook jaarliks die vrae op vir Radio 567 en 702 se Brain of Cape Town en Brain of Johannesburg.

Dawid is ook die skrywer van 'n paar boeke oor Afrika, naamlik Wonderlike Afrika, Wonders van Afrika en Mensgemaakte Wonders van Afrika. Hy is ook die redakteur van die Afrikaanse kinderensiklopedie Britannica Junior.

Dawid stel al van sy Flinkdink-dae af belang om algemene kennis te bevorder, en EK WEET! is ’n konsep wat hy en sy span ontwikkel het om leerders van klein tot groot te help om die wonderlike wêreld van feite, inligting, nuus en trivia te ontdek, en om hulle te leer dat kennis pret is. En wie weet, miskien wen hulle eendag groot pryse met die korrekte antwoord op ’n vraag!

 

 

 

Dawid van Lill

 

 

         

 

     

 

                                                                                                                                                                                                   

 South African Education Portal

 

 

 


 

Do you like quizzes?

Do you like quizzes?
 

Speel 'n vasvra

     

Klik op Speel 'n Vasvra. Wag dat dit laai. Tik net jou e-posadres in, en speel... (Jy het nie 'n gebruikersnaam nodig nie.)

Geniet dit!

 

 

 

               

Doen die vasvrablokraai.     

 Klik op EK WEET!

 

 

 

 

 


 

 

Samel geld in met EK WEET!


Ankara escort İzmit escort Gaziantep escort Kuşadası escort İstanbul escort ankara escort Escort bayan İstanbul escort